Soms raak mens so besig met al die dinge wat aangaan in die lewe, dat mens vergeet om bietjie na jouself te kyk. Gelukkig het my liewe ma ‘n plan beraam en gereel dat ek saam met my skoonsus vir ‘n bederf dag gaan in die middel van my rondhardloop lewe.
Sondag oggend ry ek deur die hekke van die Lanzerac landgoed in Stellenbosch, en onmiddelik besef ek dis hoog tyd vir ‘n dag van self sorg. Die skoonheid van die natuur raak my en bring ‘n vrede oor my.


Na ‘n heerlike voet soak en ‘n behandeling kry ek my skoonsus langs die swembad vir ‘n glasie wyn en ‘n geselsie, en die res van die dag vind ons onsself langs die swembad, in die jacuzzi, in die swembad en in diep gesprek, of in stilte.

In die stilte het ek ‘n stukkie onthou van wat vir my belangrik is, van wie ek is, en ek het weer energie gehad om die dinge van my lewe met nuwe perspektief aan te pak.

Nuwe voorneme: Neem bietjie meer tyd om bietjie vir myself te sorg.