My gunsteling deel van ‘n lang dag by die werk is as ek by die huis kom en die garage deur oopmaak. Dan kom daar ‘n gevaarte om die hoek soos ‘n renjaer wat ‘n handbriek draai uitvoer, en Charlie kom staan in die oprit en wag om in te klim en saam met my in die garage in te ry. As hy inspring, klim hy op my skoot en probeer my soen, en daarna klim hy op die passasiersitplek om inspeksie te doen voor ons inry.

Die uiterse opwinding op sy gesig en in sy hele wese as ek by die huis aankom laat my so baie dink dat ons kan so baie by diere leer van onvoorwaardelike liefde en lojaliteit. Hierdie hond, en baie ander, is soms beter mense as baie mense!
Saans gaan lê hy in ‘n bondeltjie by my voete en soggens wil hy net so bietjie speel voor ek werk toe gaan. Hy is tevrede met so min, net ‘n bietjie pille elke dag en so nou en dan ‘n bal gooi sessie.
Wys jy jou opwinding as jy jou mense sien? Gee hulle ekstra drukkie en ‘n soen as jy hulle sien en onthou om tevrede wees met genoeg.