Ses jaar gelede het ek op n KLM vliegtuig geklim om ‘n nuwe lewe te begin. Ek was onserker. Ek was vol gedagtes en ervaringe van my Peru tydperk wat pas afgeloop get. Ek was moeg van admin doen: 3 weke is n kort tyd vir paspoort,lisensie,ID hernu plus alles inpak vir trek . Ek was vol gedagtes en oppad om ‘n lewensdroom te bereik.
Êrens in my kindertyd het ek ‘n storieboek gelees, Maasdorp of Keurboslaan of miskien Saartjie of Bienkie, waarin hulle verwys het na iemand as ‘n wêreldburger. Ek het waarskynlik my eie idees opgemaak oor wat dit nou eintlik beteken het, maar ek het gedink dit klink soos iets wat ek wil wees. Ek weet nie of ek dit toe besef het nie, maar daai dag by OR Tambo lughawe se paspoort beheer,6 jaar gelede, het ek begin om ‘n wêreldburger te word.
Die lewe is ‘n avontuur, en ek is dankbaar vir die pad waarop ek loop. Dit het my al by mooi en interessante plekke gebring, en ek het al moeilike en interessante lesse geleer. Die laaste ses jaar was nie n uitsondering nie, inteendeel, maar meer daaroor volgende keer.