Kreatiewe uitlaat

Ek was gisteraand by Frocktails NL. Dit is ‘n cocktail partytjie waar almal ‘n uitrusting dra wat hulle self gemaak het, en speel met die Engelse woord “Frock.”

My uitrusting was maande lank in verskillende toestande van beplanning en uitvoering en ek is tevrede met die eindresultaat.

Die wonderlike aspek vir my is dat dit ‘n viering is van almal se kreatiwiteit en passie vir hulle stokperdjie. Ons kon sonder skaamte mekaar se uitrustings bewonder. Gaste was van regoor die ouderdom spektrum en die uitrustings het gevarieer van beginner tot super ingewikkeld, van casual tot formeel en alle geure tussenin.

Ek begin al klaar wonder wat ek vir volgende jaar gaan maak. Gaan jy saam?

Leave a comment