Vandag het ek die nuus gesien dat my koor meester en viool onderwyser oorlede is.
Ek glo nog altyd musiekonderwysers is bietjie nader aan jou menswees, dalk omdat mens nie kan musiek maak sonder om jou siel daarin te sit nie. Elke week, vir daardie les tyd, los mens die sorge van die wêreld by die deur en gaan werk aan iets anders.
Koor sing was net so kosbaar, van my beste vriendskappe is koor vriende wat deur dekades heen by my gebly het.
Tog voel ek vandag spyt dat ek kontak verloor het. Ons het so af en toe nuus uitgeruil, maar so paar jaar terug het ek sy kontak details verloor en nooit weer gevind nie.
Hierdie jaar is soveel mense naby my oorlede. Familie en vriende. hierdie was nog ‘n herinnering dat dit altyd te vroeg is.
Reik uit. Neem die tyd om te hoor hoe gaan dit.
Wees goed vir mekaar.