A place of my own

I finally moved into my own place, a massive apartment in the seaside suburb of Miraflores in Lima.

On my first night I went for a walkabout, to get a feel for the area, and get some supplies.

At first I walked down to the beach. The idea was to watch the sunset, but to be honest I started a conversation with a perro (dog) and sort of missed it.

A lot of people have dogs and take it to the park down the street from me to get a bit of outside air, and there is even an enclosure where the bigger dogs can run free.

I did however see a beautiful sky to frame the lighthouse, and I am fortunate to live in such a beautiful area.

After that I ventured on towards a grocery shop I know about. However on my way I hear a scuffle ahead and look up. Two guys are in a hold, one apparently jumped out of his car to fight the other, most likely about the girl. I waited at a safe distance to see what was happening, but luckily the police came and broke up the fight soon enough.

I stumbled across an artisanal bakery and found some lovely rolls and then finally strolled over to the grocery shop for the basics. Finally I got to have a simple dinner of bread and butter on my first night in Miraflores

A little more Lima

Lima is a city of contrasts and wonder. Another week has gone by and I feel like I am starting to see more sides of the city.

It has everything from glass buildings to unfinished brick and concrete structures, and in between houses that speak of another era all together.

One thing it has a lot of, is chuches. Mostly catholic, but there are others in between, although the ones I’ve been too aren’t quite as picturesque as these

In the more well to do areas there are wonderful parks, with beautiful gardens and trees.

In San Isidro there is a park with olive trees as old as 400 years. Some of them were apparently planted by the settlers way back when. The park is now a national heritage site, and it is visited by young and old.

Along the seaside, in Miraflores, there are also some really popular parks, and it is very lovely to stroll down there to take in a bit of the beauty and feel the sea breeze.

The city is built on top of a cliff side, so when someone says they’re going “down to the beach”, they literally mean it.

The position on the coast probably creates an upwards wind, or something, because on a clear Saturday the sky is filled with paragliders.

On less clear days, it can be quite foggy, but luckily there’s a lighthouse to show the way.

Sunshine or not, the weather is really hot and humid. Hopefully I will adjust to it, but it seemed like it was so hot even the cats melted.

Aside from the AMAZING food I haven’t been immersed in the local culture much, but I have been able to see glimpses.

A very popular football team stayed in our hotel during the week, and their fans decided to gather outside and cheer them on. At first I saw the people gathering in the park and wasn’t sure if it was for a protest, as I couldn’t read the banners. Then they came to the entrance of the hotel and started singing songs and I realized it was a happy gathering. Some guys even brought along their drums for the songs. They are really big on football it seems.

Life over here is definitely an adventure. I will post some more pictures here, and if you want, follow my on Instagram @mcharlottesmith.

Lima – first impressions

I tried my first surfing lesson on Saturday, it was quite fun, although the beach consists of rocks and the “shop” is basically a 3×3 m canopy, so it is a bit of an adjustment. Everyone says there aren’t any sharks, but my question is “what are the sharks scared of, perhaps I should be scared too?”

It’s a city of old and new, from old Volksie busses to brand new cars, and the buildings too.

There are beautiful well kept parks all over, and even more around the popular tourist areas. These pretty benches are in Miraflores.

The parks even have drinking fountains for dogs!

Every now and then I stumble across a beautifully coloured house with a massive succulent, it’s so pretty, like something out of this world!

As the ocean is to the west, there is no shortage of beautiful sunsets.

Around the corner from work is a little cafeteria where you can eat the meal of the day, or a salad. The food is great, and it’s good to share a table with colleagues and friends and get to know each other.

Larcomar is a “mall” that is cut into the cliffs facing the ocean, with restaurants, fancy shops and views for days.

‘n Storie in ‘n paar skoene

Ek is vreeslik lief vir skoene, al dra ek nie regtig stilettos nie. Ek het gister ‘n nuwe paar skoene ontvang wat ek gekoop het, “one of a kind”, handgemaakte, plat skoene. Ek het ook deur ons hele kantoor geloop en vir al my vriendinne gaan wys hoe oulik is my skoene.

Jare gelede het ek al gedink om te skryf oor die belang van elke paar skoene in my lewe. Elke paar vertel ‘n storie van iets waarvan ek hou, iets wat deel is van wat my storie is.

Hieronder volg ‘n uittreksel van ‘n paar betekenisvolle skoene in my lewe.

Vellies – Ek het nou al ‘n paar stelle handgemaakte vellies. Dis my elke dag skoene, gemaklik genoeg om mee te LOOP, netjies genoeg om by my werksklere te dra en funky genoeg om bietjie iets anders as gewoon te wees.

Site skoene – So nou en dan moet ek vir werk site toe gaan. Dis dan wanneer ek my grys en pienk site skoene aantrek, saam met my harde hoed en high-vis baadjie is dit deel van die uniform wat se “hierdie stadsmeisie kan ook haar hande vuil maak”

Fietsry skoene – Daai cleats wat so in mens se fiets inclip. Ek ry nie op die oomblik genoeg fiets om myself ‘n fietsryer te noem nie, maar ek het al BAIE kilometers getrap en so nou en dan gestap – as die opdraend te styl is of as ek ‘n pap wiel kry. Tog is fietsry (of mountain bike) om presies te wees vir my soos wat ek my voorstel hoe dit is om te vlieg. Dis ‘n manier om die natuur te ervaar, en om te sien hoe ek iets doen wat ek nog nooit moontlik geag het nie.

Rotsklim skoene – Hulle voel bietjie afgeskeep, my pienk rotsklim skoene. Maar hulle wag daar vir my, vir wanneer ek weer die kant van ‘n klimmuur in ‘n gym, of dalk eendag buite wil gaan aandurf. Dis nog een van daai goed wat ek myself mee verbaas het.

Gym tekkies – Nou daar is ‘n paar skoene wat hulle sous werd is! Soggens as ek opstaan is dit in my oefen klere en gym tekkies, reg vir my daaglikse sessie van stres hantering en sommer net lekkerkry.

Hardloop tekkies – Ja, ek het ‘n paar van hulle ook. Nie dat ek ‘n kranige hardloper is nie, maar soms probeer ek darem. Dis ook hierdie skoene waarmee ek gaan toer het, kilometers en kilometers gestap het in vreemde lande om nuwe dinge te verken.

Ballet skoene – ‘n herinnering van die dae toe ek gedans het. Om ballet skoene aan te trek laat my sommer anders voel. Grasieus, soos ‘n swaan.

Koor skoene – Daar is ‘n paar spesiale vereistes aan ‘n goeie paar koor skoene. Hulle moet mooi lyk op ‘n verhoog, met toe tone (sodat die gehoor nie ‘n klomp wit tone sien nie) en gemaklik genoeg wees om vir ure in te kan staan.

Hakskoene – Jip, ek het darem ‘n paar van hulle ook. Ek dra hulle nie gereeld nie, en ook nie lank nie, maar soms moet mens jou lipstick aansit, jou mooi rokkie aantrek, en hakskoene aantrek en bietjie Cinderella speel!

Vier Voet Verwelkomingskommitee

My gunsteling deel van ‘n lang dag by die werk is as ek by die huis kom en die garage deur oopmaak. Dan kom daar ‘n gevaarte om die hoek soos ‘n renjaer wat ‘n handbriek draai uitvoer, en Charlie kom staan in die oprit en wag om in te klim en saam met my in die garage in te ry. As hy inspring, klim hy op my skoot en probeer my soen, en daarna klim hy op die passasiersitplek om inspeksie te doen voor ons inry.

charlie

Die uiterse opwinding op sy gesig en in sy hele wese as ek by die huis aankom laat my so baie dink dat ons kan so baie by diere leer van onvoorwaardelike liefde en lojaliteit. Hierdie hond, en baie ander, is soms beter mense as baie mense!

Saans gaan lê hy in ‘n bondeltjie by my voete en soggens wil hy net so bietjie speel voor ek werk toe gaan. Hy is tevrede met so min, net ‘n bietjie pille elke dag en so nou en dan ‘n bal gooi sessie.

Wys jy jou opwinding as jy jou mense sien? Gee hulle ekstra drukkie en ‘n soen as jy hulle sien en onthou om tevrede wees met genoeg.

Lanzerac

Soms raak mens so besig met al die dinge wat aangaan in die lewe, dat mens vergeet om bietjie na jouself te kyk. Gelukkig het my liewe ma ‘n plan beraam en gereel dat ek saam met my skoonsus vir ‘n bederf dag gaan in die middel van my rondhardloop lewe.

Sondag oggend ry ek deur die hekke van die Lanzerac landgoed in Stellenbosch, en onmiddelik besef ek dis hoog tyd vir ‘n dag van self sorg. Die skoonheid van die natuur raak my en bring ‘n vrede oor my.

Na ‘n heerlike voet soak en ‘n behandeling kry ek my skoonsus langs die swembad vir ‘n glasie wyn en ‘n geselsie, en die res van die dag vind ons onsself langs die swembad, in die jacuzzi, in die swembad en in diep gesprek, of in stilte.

In die stilte het ek ‘n stukkie onthou van wat vir my belangrik is, van wie ek is, en ek het weer energie gehad om die dinge van my lewe met nuwe perspektief aan te pak.

Nuwe voorneme: Neem bietjie meer tyd om bietjie vir myself te sorg. 

Laaste dag in die States

Ons laaste dag in die States en ek besluit om die toer te skip om eerder nog ‘n dag in New York City te wees. Ek en die Girls wat ook so besluit het vang ‘n trein na Penn stasie met al ons bagasie.

Ons eerste stop is die Shake Shack in 8th Ave.

Van daar loop ek my eie pad verby die New York Times gebou.

Dan stop ek by die poskantoor om ‘n poskaart in die pos te gooi en dan aan na Macy’s vir so bietjie shopping. Ok, bietjie genoeg shopping.

Ek wandel deur die winkel op my eie tyd en besluit ek sien nie regtig kans vir ander sightseeing nie, so van daar af kry ek my laaste Starbucks koffie en kry die trein by Penn Stasie (onder Madison Square Garden) na Jamaica stasie  en van daar die Airtrain na JFK. Dit was ‘n fantastiese vakansie, maar ek is nou reg vir huistoe gaan.

Boston en terug

In ‘n bibber koue oggend van Boston stop ons 7:45 by die Quincy Market en word vertel ons gaan daar bymekaar kom na “lunch” oftewel 11:30.  Dis so koud en alles anders maak eers 10 uur oop, so ons kry toe maar ‘n Breakfast en ‘n koppie warm tee en bekyk die plekke rondom die Market.

Van daar kry ons ‘n warm taxi met Uber na die Boston Tea Party Ships en museum vir ‘n uitstekende ervaring.  Die museum personeel is in karakter en as toeskouer is jy deel van die storie! Mens kry ‘n oulike idee van die storie agter die storie en mens kry selfs kans om jou eie krat “tee” in die see te gooi voor jy die toer verder vat en leer hoe was die omstandighede op die skip en van die gebeure na die dag.

Die museum is ingerig met multi media uitstallings wat die geskiedenis letterlik lewendig maak.

Dit was definitief ‘n hoogtepunt van die toer en daarna is ons weer per taxi terug na die bus.

Ons tyd in Boston is net betyds verby voor ons in die koue reën vasgevang word. Ek voel of daar nog meer aan die stad is om te sien en ek wil dit graag weer kom besoek eendag.

Van daar het ons busse geruil om van ons toer groep weg te breek en terug te kom New York toe. Ons het verder weer op ‘n slag moes busse ruil tot ons uiteindelik by ons laaste hotel vir die trippie kom.

Brrr : Niagra – Boston

Ons dag begin by die Niagra rivier waar ons gaan kyk na ‘n maalkolk in die rivier by ‘n punt waar dit van rigting verander. Dis blykbaar die grootste varswater maalkolk in die Amerikas.

Die rivier is nogsteeds magtig, en ‘n groot deel daarvan is afgelei vir die hidroëlektriese stasies aan weerskante van die rivier, in Kanada sowel as die VSA.

Die volgende stop is by ‘n ou fort op die Ontario meer en dit was regtig koud, so ek, Cecilia, Louis en Michelle het daar op die bankie gesit en wag dat die winkel oopmaak vir koffie.

Daarna vat ons die lang pad suidwaarts in die rigting van Boston.

Op Boston is ek beïndruk met die stad se sjarme en ek voel dadelik beïndruk deur die plek.

Ons gaan doen ‘n vinnige toer deur Harvard se kampus om die gevoel te kry.

Daarna stop ons vlugtig by MIT om fotos te neem, maar ongelukkig is daar nie geleentheid vir ‘n toer nie.

Dis koud in Boston, so ons kry aandete by die Boston Coffee Company om warm te wees. More is die Boston marathon en ons loop twee hardlopers raak wat mekaar die eerste keer in 15 jaar weer sien.