Vandag ry ons 5 ure Noordwaarts na Corning en besoek daar die Corning Museum of Glass. Die uitstallings is regtig iets besonders, en sluit in geskiedkundige glas van die laaste 3500 jaar, moderne en kontemporêre glas en kuns, en demonstrasies van waar glas prakties gebruik word. Ons sluit ons besoek af met ‘n demonstrasie van ‘n glas blaser wat ‘n pragtige pot maak.
Na nog ‘n paar uur is ons by Niagra Falls en ons is net betyds om fotos van die Maid Of the Mist se observasie dek af te neem voordat dit toemaak.
Daarna het ons ‘n paar uur waarin ons kan stap tot by Goat Island en die Three Sisters Islands(so genoem na 3 dogters van ‘n man wat hulle in die winter oor die ys daarheen laat stap het en so trots was daarop dat hy die destydse eienaar gevra het om die eilande na hulle te vernoem.
Ons eet by ‘n Italiaanse plek in ‘n gebou wat vir Chinese toeriste en ingerig is, en dit val my op hoeveel van die toeriste industrie is op die Chinese mark ingerig. Amper oral waar ons kom is daar gidse in Mandaryns beskikbaar.
Oppad na ons hotel word deur ons bederf met ‘n magiese sonsondergang en ek onthou dat die God van Psalm 19 ook hier met ons is.