Brrr : Niagra – Boston

Ons dag begin by die Niagra rivier waar ons gaan kyk na ‘n maalkolk in die rivier by ‘n punt waar dit van rigting verander. Dis blykbaar die grootste varswater maalkolk in die Amerikas.

Die rivier is nogsteeds magtig, en ‘n groot deel daarvan is afgelei vir die hidroëlektriese stasies aan weerskante van die rivier, in Kanada sowel as die VSA.

Die volgende stop is by ‘n ou fort op die Ontario meer en dit was regtig koud, so ek, Cecilia, Louis en Michelle het daar op die bankie gesit en wag dat die winkel oopmaak vir koffie.

Daarna vat ons die lang pad suidwaarts in die rigting van Boston.

Op Boston is ek beïndruk met die stad se sjarme en ek voel dadelik beïndruk deur die plek.

Ons gaan doen ‘n vinnige toer deur Harvard se kampus om die gevoel te kry.

Daarna stop ons vlugtig by MIT om fotos te neem, maar ongelukkig is daar nie geleentheid vir ‘n toer nie.

Dis koud in Boston, so ons kry aandete by die Boston Coffee Company om warm te wees. More is die Boston marathon en ons loop twee hardlopers raak wat mekaar die eerste keer in 15 jaar weer sien.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: