In ‘n bibber koue oggend van Boston stop ons 7:45 by die Quincy Market en word vertel ons gaan daar bymekaar kom na “lunch” oftewel 11:30. Dis so koud en alles anders maak eers 10 uur oop, so ons kry toe maar ‘n Breakfast en ‘n koppie warm tee en bekyk die plekke rondom die Market.

Van daar kry ons ‘n warm taxi met Uber na die Boston Tea Party Ships en museum vir ‘n uitstekende ervaring. Die museum personeel is in karakter en as toeskouer is jy deel van die storie! Mens kry ‘n oulike idee van die storie agter die storie en mens kry selfs kans om jou eie krat “tee” in die see te gooi voor jy die toer verder vat en leer hoe was die omstandighede op die skip en van die gebeure na die dag.
Die museum is ingerig met multi media uitstallings wat die geskiedenis letterlik lewendig maak.
Dit was definitief ‘n hoogtepunt van die toer en daarna is ons weer per taxi terug na die bus.

Ons tyd in Boston is net betyds verby voor ons in die koue reën vasgevang word. Ek voel of daar nog meer aan die stad is om te sien en ek wil dit graag weer kom besoek eendag.
Van daar het ons busse geruil om van ons toer groep weg te breek en terug te kom New York toe. Ons het verder weer op ‘n slag moes busse ruil tot ons uiteindelik by ons laaste hotel vir die trippie kom.