Ons vertrek vanaf ons hotel in New Jersey en ons eerste stop is by Princeton. Dis ‘n pragtige universiteit kampus en ek oorweeg selfs on daar aansoek te doen vir nagraadse studie!
Philadelphia en besoek ‘n monument van vryheid. Die stad was op ‘n stadium die regerende stad terwyl Washington DC in aanbou was.
Ons volgende stop is Lancaster waar ons ‘n museum van ‘n Amish huis besoek. Daar was ook ‘n toer na ‘n werkende Amish plaas maar daar was ‘n miskommunikasie met die Chinese gids, en hy het vir my weggery!
Van daar ry ons aan na ons hotel in die omgewing van Washington