Lente verjaarsdag in Washington DC

Mens sien die tekens van lente in die blomme en die bloeisels aan die bome en ek besef dis die eerste keer dat ek in die lente verjaar.

Ons dag in Washington skop af by die Lincoln Memorial waar ons ook die Koreaanse oorlog gedenktuin besoek. Van daar loop ek saam met Louis en Michelle nader aan die Obelisk van die Washington memorial en die WWII Memorial. Die indruk is regtig iets groots.

Ons volgende stop is my Capitol Hill waar ons ‘n begeleide toer kry en bietjie meer leer van die Amerikaanse geskiedenis en regering stelsel.

Daarna stap ons na die Smithsonian Institute en besoek ‘n hoeveelheid museums, sowel as beelde tuine. Die Air and Space Museum herinner my aan die verwondering van vliegtuie en ek wonder hoe die mense gevoel het in die era wat die eerste mense gevlieg het. Deesdae is dit redelik alledaags.

Die Hirshhon is ‘n indrukwekkende gebou wat moderne kuns huisves en ook ‘n gesonde beelde tuin. Ek het van die posters gehou.

Na ‘n stappie in die park vind ek en Cecilia ons pad via nog ‘n beelde tuin, van die National Gallery en verkyk ons aan die kunswerke.


Ons bestemming is die Museum of Natural History en ons haak vas by ‘n seisoenale uitstalling van orgideë.

Terwyl ek ‘n epos vir die reis agent stuur, gaan Cecilia aan en ek is nie seker waar om haar te kry nie, maar ek is bang ek mis weer ‘n bus en draf oor die grasperk om die bus te haal. Darem is ek net mooi betyds om saam te gaan vir ‘n foto sessie voor die Wit Huis.

Wat ‘n voorreg is dit om wonderlike ervarings in ‘n ander land te hê, en terselfdertyd talle boodskappe met gelukwense van die wêreld oor te ontvang. Ek is waarlik geseënd met die mense in my lewe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: