Die helfte van ons groep bly agter by die hotel, die res van ons gaan saam New York toe vir oulaas om free range toerlede te wees vir die dag. Ons spring af by die Bul op Wall Street en verbasend is daar nog niemand as ons daar kom nie.
Brekfis is ‘n gedeelde broodjie by Subway en dan gaan ek en die ander meisies na Century 21 om bietjie ure gaan shop. Ontwerpers name en in sekere gevalle goedkoper as Woollies. Ek loop uit met ‘n sak vol, ingesluit ‘n nuwe jas en ‘n paar tekkies.
Na ek vir Fanie en Flip weer ontmoet het soos afgespreek, loop ons deur Battery Park en vat ‘n trein tot by Pier 83 waar die Intrepid Sea, Air and Space museum lê. Wat ‘n ongelooflike ervaring! Dit is ‘n ou vlieg dek skip wat in ‘n museum verander is. Die uitstallings in die hanger deck vertel stories van die skip en ander van sy soort in die US Navy. Daar is ook ‘n indrukwekkende video oor ‘n geveg met Kamakazi vlieëniers,en dis ongelooflik om te dink die boot het nie gesink nie.
Behalwe die uitstallings is daar ook ‘n roete deur die binnekant van die skip, ‘n ongelooflike versameling vliegtuie en helikopters sowel as ‘n duikboot. Daar is ook ‘n Space shuttle, die Enterprise wat as toets model gebruik is.
Ons ontmoet die groep by die Metropolitain Museum en van daar gaan hulle na Madame Tussauds. Die Suid-Afrikaners gaan weer eens op ‘n free range missie en ons eindig by Carlo’s Bakery, van Cake Boss faam.


Oppad terug kry ons aandete en brekfis by ‘n garage en maak reg om môre oggend na Washington te vertrek.