Vandag split ons toer op in die wat ry en die wat bly.
Tannie Elsa gaan vandag na haar seun vir die res van die week en ek beplan my dinge so om saam met haar te stap voordat weg aangaan. Die blomme in die sypaadjies raak al hoe weliger soos die lente momentum optel.

Van daar kry ek nog ‘n Starbucks om te kyk hoe spel hulle my naam vandag.

Ek stap weereens deur die mooi karaktervolle strate die immer gewilde Central Park en verkyk my aan die blomme en die bome. Dis merkwaardig hoe dit kan voel of mense glad nie in die stad is nie, en tog is jy in die middel van die stad. Ek verwag ook elke oomblik dat een of ander karakter uit ‘n fliek daar gaan opdaag.
My volgende besoek is aan die Guggenheim Museum. Absoluut fantasties! Die gebou van Frank Lloyd Wright is amazing in eie reg, tydloos en indrukwekkend.


Net af in die straat is die Met, oftewel die Metropolitan Museum en daar stop ek by ‘n stalletjie om vir my ‘n toeriste skildery te koop.
Die museum het twee uitstallings van kunstenaars wat met spieëls en vorms speel om mosaïek werk te maak op my ‘n indruk maak, ek hoop maar die internet het die inligting oor die kunstenaars.
My gunsteling is die uitstalling van die Impressionistste. Ek is ‘n arm lengte weg van die werk wat geverf is deur die kunstenaars se eie hande. Monet, Manet, Picasso, Telouse-Lautrec, Seurat etc.
12 uur ontmoet ek die res van my toer maters vir ons toer deur Manhattan na die toer agentskap se kantore. Dis onder in China town,en ons kry so bietjie van ‘n verrassing, aangesien ons iets heeltemal anders verwag het en daar is ‘n paar kostes wat verskuil is, o.a die prys dit New York by night tour wat ons gedink het is ingesluit, en die $8 daaglikse fooitjies wat ook ekstra is.
Verder vind ons uit die bus na ons hotel vertrek wees om 7pm, en ons moet die middag ons self vermaak.
Na ‘n pasta in little Italy, kry ons ‘n roomys oppad na die Williamsburg brug en verkyk ons aan die graffiti.
Op die trein terug gaan ek bietjie verder en gaan na die Top of the Rock om vir oulaas die stad te bekyk. Van hier is die Empire State gebou baie indrukwekkend en dis ook nader aan die Central Park, omdat mens baie nader is. Ek stop ook by ‘n Magnolia Bakery vir ‘n beroemde gebak.

Uiteindelik is ons terug by die toer agentskap en ons verlaat die stad oppad na New Jersey, tot by die hotel in East Brunswick