Big Bus en Broadway

Na ‘n bietjie laat slaap is dit tyd om dinge rustiger te vat. Vandag se program sluit in ‘n Big Bus hop on hop off toer en ons kry die bus by die begin punt naby Times Square. Die eerste bus doen ‘n downtown loop en alhoewel ek van die plekke al gesien het, is die kommentaar baie lekker.

Die bus ry verby Wall Street en Battery Park wat weggespoel het tydens die aanslag van hurricane Sandy en tans in herbou is.

Ons klim af by die High Line, ‘n ou spoorweg wat  in ‘n park verander is. Ons loer in by die Chelsea market, ‘n binnenshuise kosmark, en die atmosfeer is heerlik, soos ‘n rustiger weergawe van die Biscuit Mill.

Terug op die bus is die nuwe gids ‘n man wat ‘n meer realistiese uitkyk op die Amerikaners.

Na die bus klaarmaak gaan maak ek ‘n draai by Madame Tussauds en neem kiekies van die bekendes en pose saam met Madiba.

Op die uptown bus loop ek my makkers vag die oggend weer raak, en ons toer op na die West side en Harlem terwyl die gids ons stories vertel van sy kinderdae.

Iets wat my opval oor New York is hoeveel mense met hulle honde stap, wat sin maak, as jy dink almal bly in woonstelle en honde moet ook oefen. Wat snaakser is, is dat ek tot nou toe nog nie een Yorkie gesien het nie, wel baie poedels. Ek neem toe maar ‘n skelm foto van die eerste Yorkie wat ek sien, en kry ‘n tweede een in die deal!

Ek sien ‘n billboard wat sê:
“You are always haunted by the shoes you didn’t buy” Ek dink dit is geldig vir baie dinge  en ervarings in die lewe.

Daar raak ek aan die die slaap terwyl ons deur museum mile ry, en ek mis die Guggenheim wat ek eintlik wou sien.

Die slapie doen my goed, want ek het kaartjies vir Phantom of the Opera die aand. Ek het kaartjies bespreek deur TodayTix, ‘n app wat afslag kaartjies verkoop  en dit vir jou bring na die vertoning die aand.

Wat ‘n belewenis was Phantom! Die dekor, die teater en die musiek is asemrowend! Elke liewe oomblik was die moeite werd! Dis nie verniet die langste show op Broadway nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: