Maak planne, en as jy moet, verander dit

Die oggend toe ek regmaak, sien ek my New York Pass is missing en ek besef ek het dit seker verloor na my laaste ding die vorige aand. Ek het allerhande planne gehad om dinge te sien en doen in die oggend, en nou moet ek die kaart gaan opspoor. Gelukkig kan mens dit vervang, so ek kry ‘n vinnige koffie terwyl ek wag dat hulle my kan help. Ek het al gehoor die Starbucks mense skryf aspris jou naam verkeerd, en dalk is dit waar.

 

Ek het afgespreek met Louis en Michelle om hulle 11uur by ‘n plek te kry. Terwyl ek wag gaan soek ek die tuine op en verkyk my aan die mense wat op ‘n Sondag in Central Park uithang. Ook die bome wat lyk of dit begin om te bloei en ek wonder hoe gaan dit lyk oor ‘n paar weke.

Nadat ek my makkers opgespoor het ry ons bus na Absolute Bagel, vir ‘n outentieke en heerlike Novo en Cream Cheese Bagel. Yummy. Definitief die moeite werd.

Van daar is dit tyd vir ‘n Circle Line Cruise om Manhattan eiland om die uitsigte van die stad en ook die statue of liberty te sien te kry. Absoluut die moeite werd, en die gids is baie interessant en vol humor.

Na die Cruise is dit ‘n haastige busrit, voetslaan, treinrit om terug te kom by die hotel en reg te maak vir die optrede.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: