11 April, ons laaste oefening voor die groot konsert, en die eintlike rede vir ons besoek.
Dis so bietjie van ‘n gejaag, want die naweek treine loop nie so gereeld soos in die week nie en ons moet ‘n paar blokke spoed stap om betyds te wees. Gelukkig is dit baie maklik om rigting te hou. Al die strate is genommer, so mens kyk net of die nommers groter word of kleiner,en waar jou bestemming is en kies koers.
Ek is verstom oor hoeveel die klank van die koor verander het in die spasie van twee oefeninge, en na hulle vir die massakoor ons instruksies gegee het, is dit opwindend om te dink as ons mekaar weer sien is dit by Carnege Hall!
In die middag gaan ek op ‘n solo uitstappie, om die beste te maak van my New York Pass.
Eerste gaan ek op my staptoer deur Greenwich Village, en dit voel of ek op ‘n fliek se stel beland het.
Washington Square Park is ‘n bekende park. Volgens die gids is dit ook die plek van ‘n ou begraafplaas, ‘n plek waar kunstenaars optree, ‘n plek vir demonstrasies en ook die “quad” vir New York University.
Die toer gaan deur die straatjies van die bekende area. Opwindende straatjies vol teaters en restaurante, straatjies vol geskiedenis, en stil straatjies met ou “Brownstone” huise.
Na die toer vind ek my pad “uptown” (na die hoër nommers van die strate) om die stad vanaf die Empire State gebou te sien. Dit is die eerste helder dag en alhoewel die wind koud is, is die uitsig asemrowend.


In die gebou het ek ‘n draai gemaak by die NY Skyride, iets soos ‘n mini imax wat ‘n video wys van ‘n helikopter en ‘n droë oor en deur die stad met kommentaar, en dan sit mens in ‘n simulator wat voel of jy saam vlieg!
Daarna drink ek ‘n koffie by die immer gewilde Starbucks, en loer in by my nuwe gunsteling winkel om te bewonder, Desigual, voor ek die trein vang terug hotel toe.